Adine Janse van Resburg (S2)

"Jy is nooit alleen nie ... altyd omring-omarm deur 'n KOOR van stemme ... wat, opbou, opoffer en opbeur! Elke stem, elke klank, vokaal, vreugde, frons en verrassing word saamgemeng om 'n lied, blink soos brons, te poets, soms telkemale na mekaar. Jou spanning, haar woelwaters, sy verlowing en hulle verdriet, maak saak, vorm die pols van die KOORhart. Wanneer klank met kleur en keur teen die plafon streel, teen die mure klots en woorde en note meng tot goue heuning-harmonie, wéét jy, JÝ maak saak, want 'n KOOR, is 'n bondel jy's! So sáám met die jy's, groei JÝ! Jou stem kry spiere, jou foute word minder, jou waardering word meer. Wanneer Franco albei arms uitstrek en met sy vingers roep, antwoord jy met die klank van Engel in jou stem, jy lig jou ken en sprei jou sopraanvlerke! Musiek is die alfa en omega! Franco se musiek neem jou op 'n bollemakiesie reis ... lofsange in 'n katedraal, melodieë meng met drome en vreemde tale word verstaan.

My man deel my passie! Bekker-Brand het nog elke konsert bygewoon, want musiek betower hom, betower my, betower ons!" 🌺Adine het 'n besonderse Blomwinkel in Linden. Haar stem en hande laat lieflik, maklik lyk! Volg haar op Instagram - Plantation Revival" 🌷- Adine Janse van Rensburg (Soprano 2) These stunning pictures of Adine and her husband Bekker-Brand were taken at our 2021 Vox Ball (Eleganza Extravaganza) by the talented 📸 JP Hanekom.


The Full Video Production of the Oratorio, "Kruis van Liefde" is now available to stream and experience in your own home! Click here to get a ticket for our online streaming concert: https://tickets.tixsa.co.za/event/kruisvanliefde-stroomgeleentheid


Click here to listen to the sound recording of the full oratorio on YouTube: https://youtu.be/LgyzfptwYGQ

#florist #flower_power #Vox_Ball #Ball #soprano #RedCarpet #voxies #Viva_La_Vox #Vox_Tribe #style #fashion #champagne #photoshoots #interviews #fans #party #lights #camera #action #event #singing #chamberchoir #choir #conductor #composer #francoprinsloo #newmusic #music #contemporary #contemporarymusic #art #vogue_chamber_choir #vox_love

4 views0 comments

Recent Posts

See All