Liesemari Dewet (A1) & Wiehan Havenga (Bass)
"Om koor te sing, spesifiek in Vox Chamber Choir, is vir my ‘n klein kosmos waarin ek myself mag wees, my mooiste klanke kan poog en kan sing tot eer van my Maker. Koorsang is ‘n refleksie van alles wat die lewe is: dankbaarheid, vreugde, ekstase, selfs intense hartseer, onverstaanbaarheid en soms net die gewone en die eenvoudige dinge. Koorsang het my die geleentheid gegee om my beste vriende te ontmoet, asemrowende plekke oor die wêreld te kon sien en die krag van musiek in haar egtheid te kan ervaar. Koorsang is my onkonvensionele kerk, my ontvlugting, my terapie, my hardste 'lag' en my diepste 'voel'. Soms kan ek my geluk nie glo om deel van so iets besonders te wees nie!" - Liesemari Dewet (Alto 1)

"Koorsang is die plek waar ek direk kommunikeer van hart na hart; waar my siel verryk word deur die ontasbare- en ewig-teenwoordige liefde: dáardie liefde wat groter is as die self." - Wiehan Havenga (Bass) "Where words fail, music speaks." - Hans Christian Andersen

These pictures of Liesemari and Wiehan were taken at our 2021 Vox Ball (Eleganza Extravaganza) by the talented 📸 JP Hanekom. The Full Video Production of the Oratorio, "Kruis van Liefde" is now available to stream and experience in your own home! Click here to get a ticket for our online streaming concert: https://tickets.tixsa.co.za/event/kruisvanliefde-stroomgeleentheid Click here to listen to the sound recording of the full oratorio on YouTube: https://youtu.be/LgyzfptwYGQ #Vox_Ball #Ball #alto #bass #RedCarpet #voxies #Viva_La_Vox #Vox_Tribe #style #fashion #champagne #photoshoots #interviews #fans #party #lights #camera #action #event #singing #chamberchoir #choir #conductor #composer #francoprinsloo #newmusic #music #contemporary #contemporarymusic #art #vogue_chamber_choir