top of page

‘N NAMAGOWAB LIED VAN DIE LIER

Digters: Alwyn Roux, Lynthia Julius en Veronique Jeftas
Komponis en dirigent: Franco Prinsloo

Vox Chamber Choir Namagoab Lied

In 2025 het Afrikaans sy 100ste bestaansjaar as ʼn amptelike taal gevier. Om hierdie merkwaardige mylpaal te herdenk, is ʼn unieke koormusiekprojek van stapel gestuur wat die ryk verskeidenheid en skoonheid van Afrikaans beklemtoon. Hierdie projek, onder leiding van die bekroonde komponis, Franco Prinsloo, bring poësie en musiek saam in ʼn viering wat die volle spektrum van Afrikaans se taalvariëteite insluit.


Een van die belangrikste elemente van hierdie projek is die skepping van ʼn saamgestelde gedig wat verskillende Afrikaanse taalvariëteite verteenwoordig. Drie gevestigde Afrikaanse digters, Alwyn Roux, Lynthia Julius en Veronique Jeftas, s genooi om elk ʼn gedig in ʼn spesifieke variëteit (Standaardafrikaans, Kaapsafrikaans/ Afrikaaps en Oranjerivierafrikaans) te skryf. Hierdie gedigte is daarna sorgvuldig verweef in ʼn enkele, kragtige poëtiese teks getiteld “ʼn Namagowab lied van die lier”.



Prinsloo het hierdie gedig in die vorm van ʼn eietydse wiegelied getoonset. Die middelgedeelte van dié koorwerk lééf polsend aan die hand van ritmiese klavierbegeleiding. Hierdie begeleiding ondersteun die woorde wat poog om die klank van tradisionele en inheemse perkussie-instrumente na te boots met ʼn gevoel van dringendheid. Dit is vir die eerste maal deur die Vox Chamber Choir uitgevoer en opgeneem.


Die bladmusiek is gratis vir die koorgemeenskap beskikbaar. Daar is tans twee weergawes: die oorspronklike SATB-toonsetting soos uitgevoer deur die Vox Chamber Choir, asook ‘n unisone weergawe geskik vir solo’s of samesang. Kore en individue wat dié besonderse werk wil uitvoer, kan dit aanvra deur die vinnige vorm in te vul:



Maak asseblief seker dat u die volgende erken/merk wanneer u enige optredes en/of opnames op sosiale media of aanlyn platform plaas:


  • Franco Prinsloo Komponis/Dirigent

  • Afrikaans 100


Vir enige ander musiekwerke, kontak asseblief:


Franco Prinsloo Composer

+27 82 710 6426


Kopiereg Franco Prinsloo Composer (Pty) Ltd (FPC)

FPC is deel van die Franco Prinsloo Groep van Maatskappye (FPG)

Comments


Commenting on this post isn't available anymore. Contact the site owner for more info.
bottom of page