top of page

Jacques Nortjé (Baritone)

"Nog my lewe lank is daar twee dinge wat vir my, bo alles, sielsgeluk gee; my familie en musiek. Musiek het 'n manier om elke emosie en elke gedagte van ons wese te verstaan. Familie skep weer 'n veilige omgewing waar ons hierdie emosies en gedagtes kan uitlaat, sonder die vrees van eensaamheid. Ek het van 'n jong ouderdom af myself omring met musiek, spesifiek deur koor te sing, maar soos ons ouer raak verander ons uitkyk op die lewe en verander dit wat vir ons belangrik is. Die enigste dinge wat konstant vir my prioriteit gebly het is musiek en familie. Die Vox Chamber Choir het vir my die geleentheid gebied om familie en koor te verenig. Bloed is een ding, maar om te kan kies wie jou familie is, om te kan kies saam wie jy deur die golwe en storms van die lewe wil gaan, dit is 'n besonderse seëning. My gekose familie pas so perfek bymekaar dat ek eintlik glo ek het hulle glad nie gekies nie, maar dat hulle vir my gekies is. Elkeen presies perfek op die regte oomblik in my lewe ingebind. Bouwer Bosch het eendag geskryf: "Musiek is my alles, maar alles het my al ook gelos met niks. Wat help dit tienduisend mense sing saam by 'n konsert, maar ek is nie lief vir myself nie?" Musiek het my al oor en oor kom haal waar ek moedeloos op 'n ashoop sit, musiek het my dan uitmekaar gehaal, elke stukkie afgestof en weer aanmekaar gesit. Musiek het my geleer om lief te wees; nie net vir myself nie, maar vir die lewensreis waarop ek is en vir die mense wat kies om hierdie reis saam my aan te pak, en al weet ek nie waarheen ek op pad is nie, is ek seker dat musiek, en hierdie baie spesiale familie van my, keer op keer daar gaan wees om die reistog opwindend en die moeite werd te maak." - Jacques Nortjé (Baritone)

These pictures of Jacques and his friend, Hannes were taken at our 2021 Vox Ball (Eleganza Extravaganza) by the talented 📸 JP Hanekom. The Full Video Production of the Oratorio, "Kruis van Liefde" is now available to stream and experience in your own home! Click here to get a ticket for our online streaming concert: https://tickets.tixsa.co.za/event/kruisvanliefde-stroomgeleentheid

Recent Posts

See All
bottom of page