top of page

"Op Reis met Kruis van Liefde"

deur Anja Pollard - A1 Vox Chamber Choir



My mede-koorlid, Wouter van Wyk, het laasweek ‘n pragtige opiniestuk geskryf oor Kruis van Liefde, waar hy tereg noem, dat hierdie werk ons kom verryk het met ervarings van “troos, vrede, sekerheid en nog baie ander dinge waarvoor ons nog woorde soek”. Dis voorwaar ‘n ervaring wat moeilik beskryf kan word. Vir dae al, sit ek en probeer iets skryf oor hierdie reis, maar die woorde bly wegglip asof dit nie ooit gestand sal kan doen aan die werk en my ervaring daarvan nie.


In ‘n poging om die ryk, emosionele belewing van die hele projek as deel van ‘n groter prentjie beter te verstaan, het ek besluit om gereedskap uit my terapeut-werkskissie te haal. Die Mandala Assessment Research Instrument, is ‘n sisteem wat gebruik maak van simbole en kleure, met die doel om ‘n individu se innerlike waarheid en realiteit duidelik te maak sonder die beperkings van die ego. Hier volg ‘n uiteensetting van wat ek wys geword het met betrekking tot elemente van bewuswording, gevoelens, uitkomste, geleenthede en uitdagings rondom my persoonlike reis met Kruis van Liefde.

Selfs met heelwat meer woorde, voel ek nog onbehendig…maar tevrede. Die diepte van menslike ervaring kan nooit ten volle vas gevang word nie en daarom hou ek so baie van Hans Christian Anderson se aanhaling: “When words fail, music speaks”.


Kruis van Liefde staan kop-en-skouers uit in my koorloopbaan as ‘n piek-oomblik van verwondering, ontsag en ekstase. Die herhinnering aan Kruis van Liefde, sal ek altyd koester – nie net as ‘n ver-af onthou nie, maar as ‘n onuitputbare bron van geestelike voedsel in ons reis deur die wêreld onderweg na die Vaderhuis.


*Anja Pollard is 'n alto in Vox Chamber Choir en Musiekterapeut in Pretoria


bottom of page